TWEE VIR ALMA

twee vir Alma

My vriendin ALMA se prettige voetjies het al deur baie mense se wingerde van selfmoordgedagtes geloop en ’n spoor van lus-vir-die-lente agter haar laat groei.
ALMAL wat beskermengeltjies het wat oortyd werk, is geseend met ’n variasie van die Alma-vriendin wat met lyf en siel die ewige meule van net-oorleef verander in ’n reenboog van moontlikhede wat selfs die grootste mishoop in ’n botaniese tuin kan verander.
Vir ALMA sal ek vandag die mees eksotiese kaas by die Fransman om die hoek gaan koop en geniet op ’n parkbankie waar die eente na die tyd oor die krummels kan baklei.
Van my gunsteling parkbankie af sal ek ALMAL soek wat ook die tyd gemaak het om die kaasfeestelikhede as eerste prioriteit te sien.
Vir my ALMA-vriendin sal ek vandag die hekse-skoentjies aantrek.